Dopeling: Thomas Freisen
Geboortedatum: 27 Julie 1789
Doopdatum: 27 Julie 1789
Plek: Zell (Mosel), Zell, Rheinprovinz,
Preußen, Deutschland
Vader: Stephano Freisen
Moeder: Xtinae (Christinae) Back
Bron: Germany, Rhineland, Diocese of Trier,
Catholic Church Records, 1704-1957
Koloniale Pas: Thomas Freizen (1093)
60th Regiment of Foot 1st Battalion
Hierdie is ‘n lys van infanterie soldate verbonde aan die Eerste Bataljon van die 60ste regiment aan wie daar ‘n koloniale pas uitgereik is om in die Kaap Kolonie aan te bly na afloop van hul kontrakte en ontslag uit die Regiment. Ontslag het in 1816 begin en in 1819 ten einde geloop. Almal wat ‘n koloniale pas ontvang het, het nie noodwendig vir die res van hul lewe in die kolonie aangebly nie.
Die Freysen-Stamboom soos wat ons dit tans het, sou nie kon realiseer sonder Rina Freysen se navorsingsbydrae nie. In die onderstaande lewensskets wat Naomi oor haar Ma geskryf het, noem sy dat haar Ma voor 1988 reeds met die navorsing begin het
Op 20 Januarie 1986 het ek inligting waaroor ek beskik het, vir haar gestuur – toe reeds was
sy besig om familielede te probeer opspoor en inligting in te win
Piet Freysen se Gedenkskriffie dokumenteer sy lewe en ervarings. Dit dek sy herkoms, skooljare, tyd by die leërgimnasium, universiteit, loopbaan as siviele ingenieur, en sy betrokkenheid by eiendomsontwikkeling. Die gedenkskrif bespreek ook sy familie, belangstellings soos jag, voetslaan en fietsry, en sy liefde vir motors en vliegtuie. Freysen se verhaal bied ‘n blik op sy lewensreis en die invloede wat sy pad gevorm het.
Thomas Stephanus Johannes Freysen (23 Jan 1892 – 1 Jul 1982) se lewe word beskryf, insluitend sy grootwordjare op Bloedrivier, sy ervarings tydens die Anglo-Boereoorlog, en sy loopbaan as onderwyser. Hy was bekend vir sy betrokkenheid in rugby en het ‘n lang en toegewyde loopbaan in die onderwys gehad, wat tot sy 79ste jaar gestrek het. Freysen se lewe was ook gekenmerk deur sy diep geloof, liefde vir sy familie, en toewyding aan sy gemeenskap.