Freysen-Bond

Stamboom

VOORWOORD

Mense, in die algemeen, wil graag meer van hul herkoms weet. Aangenome kinders doen dan ook dikwels baie moeite om uit te vind wie hulle biologiese ouers is/was. Vorige geslagte het ook graag “families uitgelê” om te  probeer bepaal waar iemand vandaan kom en of daar nie moontlik enige verwantskap of ander raakvlakke was nie.

Alhoewel daar waarskynlik indiwidue was wat belangstelling getoon het in die Freysen-familie, was die eerste navorsing waarvan ons kennis dra, die inligting wat gepubliseer is deur JA Heese en RTJ Lombard. Rina Freysen het hierby aangesluit en verdere baanbrekerswerk gedoen. Johan Freysen het hierdie data van haar gebruik om die Freysen-stamboom te rekenariseer.

 

Die Freysen-Stamboom en wetgewing

Ten einde te voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) wat op 1 Julie 2021 van krag
geword het, onderneem die Freysen-Bond om:

Slegs die minimum persoonlike inligting in te win ten einde met individue te kommunikeer, en/of die stamboomdatabasis op te dateer.

Hierdie inligting te beskerm deur toegang daartoe te beperk, en dit nie aan derde partye beskikbaar te stel nie.
Deur die onderstaande vorm te voltooi, erken u, dat die inligting vrywillig verskaf word, met die verstandhouding dat die inligting slegs gebruik mag word vir die doel, en onder omstandighede, soos hierbo uiteengesit.

© 2024 Freysenbond . All Rights Reserved. Developed by Western Cloud Solutions(Pty)Ltd