Freysen-Bond

Welkom by die FREYSENBOND Webtuiste

Hierdie webtuiste wil jou bekendstel aan die Freysens se:

Familiebond

Die Bond beywer hom vir:

  • trots en respek vir die FREYSEN-familienaam;
  • instandhouding van familie forums op die web en Facebook;
  • skakeling en sosialisering tussen familielede;
  • behoud en voortsetting van genealogiese navorsing.

Stamboom

Die Stamboom word beskikbaar gestel deur:

  • die byhou van ’n elektroniese databasis;
  • die regstelling en opdatering van indiwidu- en gesinsinligting;
  • die beskikbaarstelling van die familieregister aan bondslede in elektroniese formaat.

Geskiedenis

Word versamel en gedeel deur:

  • die besef dat elke familielid oor inligting beskik wat soos legkaart-stukke in mekaar pas;
  • hierdie inligting aan te teken, sentraal vas te lê en aktief te help bou aan die legkaart se prentjie.

Aktiwiteite

Word gekenmerk deur:

  • die strewe om hul leefwêreld ’n beter plek te maak;
  • wedersydse eerbied en respek vir mekaar;
  • sommer net lekker saam te kuier.

Die Freysenbond is ‘n nie-winsgewende organisasie. Minimale ledegeld en vrywillige skenkings word gebruik om vir die maandelikse bedryfskostes soos die huisvesting van die webtuiste en bankkostes te betaal.

© 2024 Freysenbond . All Rights Reserved. Developed by Western Cloud Solutions (Pty) Ltd