Freysen-Bond

Familiebond

Stigting van die Familiebond

Op 4 Mei 2021 het ’n groepie van ses stigterslede die Freysen-Familiebond gestig. Die lede was Piet Freysen (Voorsitter), Johan Freysen (Ondervoorsitter), Kosie Freysen (Tesourier), Christa van Schalkwyk (Sekretaris), Thomas Freysen en Riaan Malherbe.
Later het Tertius Malherbe, Yvonne Groenewald en Ansu Boyd by die groepie aangesluit.

Die werkgroepie het twee-weekliks deur middel van Zoom-sessies vergader om ’n Grondwet te ontwikkel, te werk aan ’n bondswapen, te begin met ’n Freysen Facebookblad, asook te werk aan die ontwikkeling van ’n webtuiste.
’n Langtermyn projek is die stamboom self. Rina Freysen het met haar navorsing die grondslag gelê vir die Freysen-stamboom. Elke Freysen-afstammeling word sterk aangemoedig om hulle stukkie inligting deur te gee om die legkaart so volledig moontlik te maak. Enige regstellings en verdere inligting (bv. Huwelike, geboortes en sterftes) kan deurgegee word om die databasis op te dateer en periodiek die nuutste stamboom te publiseer.

Tydens die bestuursvergadering van 12 Augustus 2021, is daar besluit om die leuse na “DIENSBAAR” te verander.

Tydens die groot familiesaamtrek wat 6-8 Oktober 2023 te Prins Albert plaasgevind het,
is die nuwe amptelike Bondsbestuur aangekondig: Johan Freysen (Voorsitter), Willie Freysen (Ondervoorsitter), Kosie Freysen (Tesourier), Christa van Schalkwyk (Sekretaris) en Ansu Boyd.

Freysen-Bond se wapen

Aangesien daar nie ‘n erkende/geregistreerde Freysen-Familiewapen bestaan nie, het die Staatsheraldikus aanbeveel dat ‘n familiebond gestig word. Dié bond ontwerp dan ‘n wapen en registreer dit. Die bondswapen mag deur bondslede as basis gebruik word vir die ontwerp van ‘n eie individuele familiewapen wat amptelik geregistreer kan word.

Die wapen is amptelik geregistreer en in die register opgeneem by: 
https://www.thetressureroll.com/the-tressure-roll-armorial/page/3/

  1. Banier met “Freysen” familienaam.
  2. Aanduiding dat dit die Familiebond se wapen is.
  3. Die boonste gedeelte van die skild is geledig om voorsiening te maak vir individuele familiewapens. 
  4. Die “dancette” in swart simboliseer die Swartberge waar die eerste Freysens hulle in die omgewing van Prince Albert gevestig het.
  5. Inheemse fauna en flora word gebruik om die Suid-Afrikaanse konteks aan te dui. Die protea is eg Suid-Afrikaans en kom in die geografies omgewing voor. Die bye simboliseer die leuse van diensbaarheid. Die vyf bye verwys na die vyf kinders van die stamvader uit wie die Freysen-nageslag afstam.
  6. Banier met die leuse: “Diensbaar”.
Share on facebook
Facebook

Lidmaatskap

Deur as lid aan te sluit, maak jy die behoud en beskikbaarstelling van die familie se inligting  moontlik. Uit erkenning daarvoor, kry jy ‘n lidmaatskapsertifikaat wat bevestig dat jy ‘n lewenslange lid van die bond is, dat jy die wapen mag gebruik, voorwerpe met die wapen op (bv beker, T-hemp, vlag en ander voorwerpe met die wapen op) mag bestel en mag stem rakende deurslaggewende besluite.

  • Volgens die grondwet word lidmaatskap beperk tot Thomas Freysen (1789-1848), en sy eggenote Carolina Wilhelmina Christina Oostewald (1804-1840), se nakomelinge en dié se naasbestaandes.
  • Die volgende persone ouer as 18 jaar, het aanspraak op lidmaatskap:
    a)  Afstammelinge van Thomas Freysen en wie se familienaam Freysen is.
    b)  Afstammelinge van Thomas Freysen met ’n ander familienaam, maar wie tog graag met die Freysen-familie vereenselwig wil word.

Om aansoek te doen moet jy asseblief: 

  1. onderstaande vorm voltooi en instuur;
  2. die aansluitingsfooi betaal en die betalingsbewys instuur; asook
  3. ‘n gesinsblad voltooi.

Sluit aan by die Freysen Bond:

Aansoekvorm

My gegewens



Indien u 'n stamnommer het, is u ouers en grootouers se gegewens nie nodig nie

My ouers se gegewens

My FREYSEN grootouer se gegewens

Opmerkings

© 2024 Freysenbond . All Rights Reserved. Developed by Western Cloud Solutions(Pty)Ltd