Op 4 Mei 2021 het ’n groepie van ses stigterslede die Freysen-Familiebond gestig. Die lede was Piet Freysen (Voorsitter), Johan Freysen (Ondervoorsitter), Kosie Freysen (Tesourier), Christa van Schalkwyk (Sekretaris), Thomas Freysen en Riaan Malherbe.
Later het Tertius Malherbe, Yvonne Groenewald en Ansu Boyd by die groepie aangesluit.
Die werkgroepie het twee-weekliks deur middel van Zoom-sessies vergader om ’n Grondwet te ontwikkel, te werk aan ’n bondswapen, te begin met ’n Freysen Facebookblad, asook te werk aan die ontwikkeling van ’n webtuiste.
’n Langtermyn projek is die stamboom self. Rina Freysen het met haar navorsing die grondslag gelê vir die Freysen-stamboom. Elke Freysen-afstammeling word sterk aangemoedig om hulle stukkie inligting deur te gee om die legkaart so volledig moontlik te maak. Enige regstellings en verdere inligting (bv. Huwelike, geboortes en sterftes) kan deurgegee word om die databasis op te dateer en periodiek die nuutste stamboom te publiseer.
Tydens die bestuursvergadering van 12 Augustus 2021, is daar besluit om die leuse na “DIENSBAAR” te verander.
Tydens die groot familiesaamtrek wat 6-8 Oktober 2023 te Prins Albert plaasgevind het,
is die nuwe amptelike Bondsbestuur aangekondig: Johan Freysen (Voorsitter), Willie Freysen (Ondervoorsitter), Kosie Freysen (Tesourier), Christa van Schalkwyk (Sekretaris) en Ansu Boyd.
Aangesien daar nie ‘n erkende/geregistreerde Freysen-Familiewapen bestaan nie, het die Staatsheraldikus aanbeveel dat ‘n familiebond gestig word. Dié bond ontwerp dan ‘n wapen en registreer dit. Die bondswapen mag deur bondslede as basis gebruik word vir die ontwerp van ‘n eie individuele familiewapen wat amptelik geregistreer kan word.
Die wapen is amptelik geregistreer en in die register opgeneem by:
https://www.thetressureroll.com/the-tressure-roll-armorial/page/3/
Deur as lid aan te sluit, maak jy die behoud en beskikbaarstelling van die familie se inligting moontlik. Uit erkenning daarvoor, kry jy ‘n lidmaatskapsertifikaat wat bevestig dat jy ‘n lewenslange lid van die bond is, dat jy die wapen mag gebruik, voorwerpe met die wapen op (bv beker, T-hemp, vlag en ander voorwerpe met die wapen op) mag bestel en mag stem rakende deurslaggewende besluite.
Om aansoek te doen moet jy asseblief: